Terreur en katoen in Cabo Delgado

Die opstand in die Cabo Delgado-provinsie in Mosambiek kan moontlik veroorsaak dat duisende katoenboere nie hul oeste sal kan verkoop nie. Volgens ‘n Britse onderneming, Plexus Cotton, is die toestande in die streek te gevaarlik om in te werk weens die aanvalle van die Islamitiese fundamentaliste. Plexus se uitvoerende hoof, Nick Earlam, sê die onderneming sal oor ‘n paar dae sluit aangesien banke in Maputo nie die landbou in Cabo Delgado wil befonds nie. Earlam sê hulle het geen sekerheidsvermoë om die oes te beskerm nie.