Omaruru se boeke is in chaos, geen oudit opinie moontlik nie

Die Munisipaliteit van Omaruru het ‘n vrywaringsouditmening, dus geen ouditmening, vir die 2019-boekjaar ontvang van die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, weens onvoldoende toepaslike ouditbewyse wat verskaf is. Hy sê hy het geen ander opsie gehad nie omdat daar nie genoegsame toepaslike ouditbewyse bekom is om ‘n basis vir ‘n ouditmening te verskaf nie. Hy sê daar is waargeneem dat bankrekonsiliasies nie uitgevoer en behoorlik in stand gehou is nie. Daarbenewens is die verkoop van erwe gedurende daardie finansiële jaar sonder dokumentasie en die lys van sodanige begunstigdes nie verskaf nie. Hy voeg by dat sertifikate van aandeelhouding en relevante dokumente wat ‘n belegging van meer as 6,2 miljoen Namibiese dollar in Erongo RED ondersteun kon nie verskaf word nie en die vastebateregister is ook onvoldoende.