Tennis: Waar is Naomi Osaka?  

Tennis: Niemand weet blykbaar of die twee-malige gewese kampioen, Naomi Osaka, wel aan vanjaar se eerste Grand Slam-toernooi gaan deelneem nie. Die Japanse speler het vroeër haar deelname bevestig aan die Australiese Ope wat volgende Maandag in Melbourne begin, maar is blykbaar op die oomblik in die Amerika. Dit volg op ‘n reis deur Europa saam met haar lewensmaat, die kletsrymer Cordae. Die voormalige wêreld-nommer-een het sedert September nie aan toernooie deelgeneem nie. Sy het in 2021 ‘n blaaskans aangekondig, nadat sy haar stryd teen depressie en angs onthul het.