ANC wil Befondsingswet vir Politieke Partye hersien  

Die ANC het na afloop van sy 55ste nasionale konferensie besluit dat die Befondsingswet vir Politieke Partye hersien moet word. Ingevolge dié wet moet politieke partye kwartaalliks alle skenkings hoër as 100 000 Suid-Afrikaanse rand aan die Verkiesingskommissie verklaar. Die ANC se verteenwoordiger vir die kommissie vir ekonomiese transformasie, finansies en volhoubaarheid, Joe Maswangayi, sê hoewel die wet gemik is op deursigtigheid, is daar ‘n aantal onbedoelde gevolge.