Tennis: Toeskouers moenie vir Djokovic uittart

Tennis: Toeskouers word gewaarsku om nie die voormalige kampioen, Novak Djokovic, by die Australiese Ope uit te tart nie want hulle kan uit Melbourne-park gesit word. Die Serwiër is nie ewe gewild by almal nie na verlede jaar se drama wat uiteindelik daartoe gelei het dat hy gedeporteer is as gevolg van sy teenstand teen die Covid-inenting. Hy is vanjaar een van die gunstelinge. Die toernooi-direkteur, Craig Tilley sê enigiemand wat dit waag om ander se plesier te ontwrig sal gevra word om te gaan. Die eerste Grand Slam-toernooi van die jaar begin Maandag.