EFF sê laerskool in Pretoria is rassisties

Die EFF in Gauteng sê hy is woedend oor die voortgesette rassisme en stelselmatige uitsluiting van swart kinders van onderwys by die Laerskool Danie Malan in Pretoria. Dit het gelei tot konfrontasie by die hekke met ontstelde swart ouers. ‘n Groot getal kinders wie se ouers al vroeg aansoeke ingedien het, het nog geen terugvoer oor toelating gekry nie. ‘n Lid van die EFF, Dumisani Baleni, sê die skooljaar het begin en swart ouers en kinders is steeds in die duister.