Man vas wat Kaapse bus aan die brand steek

‘n MyCiTi-bus is in Imizamo Yethu in Kaapstad aan die brand gesteek tydens ‘n taxi-verwante betoging in die gebied. Die betogers het die Houtbaai Gateway-sirkel versper en die MyCiTi-bus met klippe bestook. Dieselfde bus het later aan die brand geslaan nadat die stad ‘n waarskuwing ontvang het oor moontlike brandstigting. Die Stad Kaapstad se burgemeesters-komiteelid vir stedelike mobiliteit, Rob Quintas, sê ‘n verdagte is in hegtenis geneem en die stad het ‘n saak van poging tot moord, brandstigting en kwaadwillige saakbeskadiging aanhangig gemaak.