Tennis: Naomi Osaka onttrek aan Aussie Ope

Tennis: Naomi Oskaka het aan die Australiese Ope onttrek, het organiseeders van die Grand Slam aangekondig sonder om oor die rede uit te brei. Die Japanse speler het vroeër haar deelname bevestig aan die Australiese Ope wat op 16 Januarie begin, maar was daarna doodstil. Sy het in 2021 ‘n blaaskans aangekondig, nadat sy haar stryd teen depressie en angs onthul het. Verder het die sewe-malige Grand Slam-wenner, Amerikaner Venus Williams, weens ‘n besering aan die Australiese Ope onttrek, en die Amerikaanse Ope-wenner en Spanjaard Carlos Alcaraz gaan ook nie deelneem nie weens ‘n beenbesering.