Duisende Israeli’s betoog in Tel Aviv

Duisende Israeli’s neem deel aan betogings teen die regsgesinde regering. Die betogers het reg deur die nag optogte deur die strate van Tel Aviv gehou. Hulle het dromme geslaan en vlae gewaai. Die betogers beskuldig die eerste minister Benjamin Netanyahu se koalisieregering daarvan dat hulle die demokrasie in die gevaar stel, weens voorgestelde hervormings aan die land se regstelsel. Van die voorgestelde veranderings sluit in dat die regering uitsprake van hoër howe ter syde kan stel.