Tennis: Iga Swiatek beseer

Tennis: Die wêreld nommer-een, Iga Swiatek van Pole, gaan weens ʼn ribbesering volgende maand se Billie Jean Kingbeker-kwalifiseerder teen Kazakstan misloop. Die verdedigende kampioen was genoodsaak om aan die Miami Ope in Amerika te onttrek. Sy het die besering verlede maand tydens die Katarse Ope in Doha opgedoen en was nie 100 persent fiks tydens die Indian Wells-meesterstoernooi nie, waar sy in die halfeindronde teen die uiteindelike kampioen, Elena Rybakina, vasgeval het. Swiatek sê sy het geen idee wanneer sy weer mededingend sal kan speel nie.