Tennis: Djokovic deur na eindstryd van Aussie Ope

Tennis: Novak Djokovic van Serwië het die tiende keer die eindstryd van die Australiese Ope gehaal met ʼn maklike oorwinning in vandag se tweede halfeindstryd teen die Amerikaner, Tommy Paul. Die 35-jarige was eenvoudig hopeloos te goed en hy het in twee uur en 20 minute met 7-6, 6-1, 6-2 die botoon gevoer. Djokovic het die nege kere tevore waar hy die eindstryd gehaal het, elke keer gewen.

Djokovic se teenstander in die eindstryd is die wêreld nommer vier, Stefanos Tsitsipas van Griekeland wat Karen Khachanov in skoon stelle geklop het.