Betogings teen Russiese skip in Kaapse hawe

Omgewings-kampvegters van verskeie groepe het op die Kaapstadse hawe betoog teen ‘n Russiese navorsings-vaartuig wat daar sal vasmeer en betrokke is by seismiese ontploffings vir verkenning oor fossielbrandstowwe in Antarktika. Die Russiese navorsings-vaartuig, Akademik Alexander Karpinsky, is glo op pad na Antarktika, met toerusting vir seismiese opnames wat seelewe benadeel. Die waarnemende hawemeester van Kaapstad, kaptein Robert Divhambele, sê die vaartuig sal vasmeer met die doel om brandstof en voorrade aan te vul. Hy sê alle buitelandse vaartuie wat in Suid-Afrikaanse hawens aankom, word deur die Departement van Vervoer goedgekeur.