Wes-Kaapse skole loop deur onder misdadigers

Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, David Maynier sê skole in die provinsie was gedurende die skoolvakansie in Desember en Januarie weer die slagoffer van misdadige bedrywighede. Ten spyte daarvan dat die departement subsidies vir skool-sekerheid by 439 skole voorsien het, is daar gedurende die vakansie 48 voorvalle van inbraak en/of vandalisme by 42 skole aangemeld. Maynier sê dit is ʼn styging teenoor 41 gevalle by 34 skole wat gedurende die vorige Desember-vakansie aangemeld is.