Tender Bulletin onthul NIP se duur jaareindfunksie

Die Namibiese Instituut vir Patologie is in die spervuur na dit aan die lig gekom het dat hy tussen 209 000 en 260 000 Namibiese dollar vir sy jaareindfunksie op Rundu se betaal. Volgens die Tender Bulletin, het die instituut kwotasies aangevra vir wat voorkom as ‘n luukse afsluiting vir sy 138 personeel. Daar is ook gevra vir ‘n kroeg wat oop sal bly tot die waarde van 20 000 dollar. Dekor, musiek, ‘n fotokamer, of te wel, ‘photo booth’, ‘n professionele fotograaf, dansvloer en meer is in die tender ingesluit. Daar is ook ‘n geleentheid wat vir 70 belanghebbendes gehou sal word. Uit die totaal van 71 tenders, wat 2 819 korporatiewe geskenke, ter waarde van tussen 1,1 en 3,5 miljoen dollar, is net ‘n handvol toekennings bekend gemaak. Daar is ook geen inligting oor verblyf of vervoer na en van Rundu nie. Daar is min beheer oor tenders onder 2 miljoen Namibiese dollar en daar is ook nie oorsig oor bieërs, wat in die bedryf waarvoor hulle tender moet wees, nie.