Energiekenner: Waterstofprojek nie lewensvatbaar

Reaksie word ontvang op berigte dat Duitsland dit oorweeg om hulp van 182 miljard Namibiese dollar aan Namibië se waterstofprojek te verleen. Na wat berig word is Duitsland se staatsondersteunde ontwikkelingsbank KfW tans in gesprek met die Namibiese regering en Hyphen Hydrogen Energy, ‘n gesamentlike onderneming tussen Nicholas Holdings van die Verenigde Koninkryk en ENERTRAG van Duitsland, wat in November as die voorkeurbieër vir die land se eerste groenwaterstof-projek gekies is, oor ‘n moontlike staatswaarborg of lening. Ongeveer 190 miljard Amerikaanse dollar, of 3,26 triljoen Namibiese dollar, sal teen 2040 nodig wees om planne te implementeer vir Namibië om Afrika se eerste groenwaterstof-produsent en -verskaffer te word. Die Suid-Afrikaanse energie-kenner Ted Blom sê die projek is nie deurdag nie en ook nie lewensvatbaar nie.