‘Ten volle ingeënte mense vier keer minder geneig om weens Covid-komplikasies te sterf’

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement sê volledig ingeënte mense is vier keer minder geneig om weens Covid-komplikasies te sterf, as diegene wat nie ingeënt is nie. Die provinsie se gesondheidshoof, dr. Keith Cloete, sê navorsing, deur die provinsie se gesondheidsektor, toon dat die meerderheid van mense wat nie ingeënt is nie, in die hospitaal opeindig of weens Covid-komplikasies sterf. Hy het weer eens mense, veral diegene ouer as 50 jaar, aangemoedig om so gou moontlik hul inspuiting te kry. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt vertel meer.