Tweede verdagte in hegtenis geneem wat glo leeus, hiënas vergiftig

Die Namibiese omgewingsministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het bevestig dat ‘n tweede verdagte vandag in hegtenis geneem is in verband met die vergiftiging van vier leeus en twee hiënas naby Palmfontein in die Ehirovipuka-bewaringsgebied in die Kunene-streek. Owerhede het die karkasse van die diere wat onder klippe versteek is, gevind en die ander verdagte het gebieg dat hy die diere vergiftig het. Muyunda het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die twee mans sal verskeie klagte in die gesig staar en die ondersoek duur voort.