Direktoraat van ramprisikobestuur verduidelik hoe rampe hanteer word

Elke land, asook Namibië, het ‘n direktoraat van ramprisikobestuur wat natuurlike rampe hanteer. Tans ervaar Namibië verwoestende veldbrande regoor die land, en Kosmos 94.1 Nuus vra wie is verantwoordelik om te reageer op sulke rampe? Anastasia Amunyela, adjunkdirekteur van ramprisikobestuur in die kantoor van die eerste minister, verduidelik hoe rampe hanteer word.