Ten minste ses mense dood in Iran ná hidjab-betogings

Minstens ses mense is volgens berigte in Iran dood in wydverspreide betogings nadat ‘n vrou wat glo die land se hidjab-wette oortree het, in aanhouding dood is. Vroue is aan die voorpunt van hierdie betogings en verbrand hul hoofbedekkings onder luide toejuiging van skares mans en vroue. Aktiviste sê veiligheidsmagte het onder meer twee mansbetogers in Urmia en Piranshahr in die noordweste van die land doodgeskiet. Dit volg ná die dood van die 22-jarige Mahsa Amini in ‘n hospitaal nadat sy drie dae lank in ‘n koma was nadat sy in hegtenis geneem is oor die oortreding van hidjab-wette.