Krieket: 2023 se reeks om die As begin op Edgbaston

Krieket: Volgende jaar se toetsreeks om die As tussen Engeland en Australië gaan op 16 Junie op Edgbaston begin. Die organiseerders van die jarelange kompetisie het aangekondig die tweede toets sal op Lord’s gespeel word, gevolg deur wedstryde op Headingley, Old Trafford en die Oval. Australië het die vorige reeks om die As 4-0 gewen, en dit het gelei tot die afdanking van Engeland se afrigter, Chris Silverwood, en Joe Root se uiteindelike bedanking as kaptein. Engeland sal vir die reeks voorberei met ‘n eenmalige toets teen Ierland.