AfriForum Jeug lê klag teen regskenner oor kinderpornografie-bewerings

AfriForum Jeug het strafregtelike klagtes gelê teen die grondwetreg-kenner, Pierre de Vos, omdat hy na bewering kinderpornografie op sy Twitter-rekening geplaas het. Die plasing het op 11 September op sy profiel verskyn en wys hoe ‘n volwasse man ‘n jong seun seksueel misbruik. De Vos het intussen die bewerings ontken en sê sy rekening het onder kuberkrakery deurgeloop. ‘n Woordvoerder van AfriForum Jeug, René van der Vyver, is van mening iemand wat skuldig is aan so ‘n misdaad, kan nie ‘n mentor vir jongmense wees nie.