Tembisa-hospitaal se ondersoekverslag vandag bekend gemaak 

Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi behoort onbevooroordeeld op te tree wanneer hy vandag die spesiale ondersoekeenheid se verslag oor die Tembisa-hospitaal bekend maak. Die vermoorde fluitjieblaser Babita Deokaran het probleme met betalings by die hospitaal blootgelê. Vier bekende sakepersone was betrokke by die diefstal van die hospitaal se finansies. Die DA-lid Jack Bloom sê President Cyril Ramaphosa moet die spesiale eenheid se ondersoek na ál die hospitale in Gauteng uitbrei sodat alle korrupte amptenare ontmasker en afgedank kan word.