Twee winkelwerkers vasgetrek na rooftog 

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ‘n rooftog by Cosmetica by die Black Chain-inkoopsentrum. Volgens Nampol het die verdagtes met ‘n mes in die winkel ingegaan en met kontant van meer as 100 000 Namibiese dollar weggehardloop. Een verdagte is ‘n voormalige werker, terwyl die ander een tans in diens van die winkel is. Die twee mans, onderskeidelik 27 en 25 jaar oud, is in hegtenis geneem en 18 680 dollar is by hulle teruggevind. Nog verdagtes word deur die polisie gesoek.