Ierse donker komedie loop voor by Golden Globes

The Banshees of Inisherin, ‘n donker komedie oor ‘n verbreekte vriendskap teen die agtergrond van die Ierse burgeroorlog, loop voor met agt benoemings vir die 2023 Golden Globes. Dit sluit in beste rolprent – musiek of komedie. Sy vier ster-akteurs waaronder Colin Farrell en Brendan Gleeson, is vir hulle spel benoem. Everything Everywhere All at Once is ‘n vernuwende wetenskapsfiksie-fabel wat in verskeie heel-alle afspeel en het ses benoemings ontvang. Die ABC-sitcom, Abbot Elementary wat in ‘n skool in Philadelphia afspeel, loop in die TV-afdeling voor met vyf nominasies.