Telecom se koper-amnestie eindig vandag

Telecom se amnestie vir persone wat in besit is van onwettige koper kom vandag tot ‘n einde. Koperdiefstal het die afgelope tyd plaaslik skerp gestyg en Telecom ervaar groot uitdagings met die misdaad wat sy dienslewering beïnvloed. Die maatskappy het ook reeds in middel-Junie opgehou om gebruikte koper aan skroothandelaars te verkoop in ‘n poging om die kabels uit die mark te kry. Nomvula Kambinda, woordvoerder by Telecom gesels met Kosmos 94.1 Nuus.