Tekorte aan mediese personeel, opleiding word aangespreek

Die Namibiese gesondheidsministerie sê hy het sy pogings verskerp om die tekort aan mediese dokters in die land aan te spreek. Hierdie jaar het die ministerie die aantal onderwyshospitale van vier tot tien verhoog, asook die inname-kapasiteit van mediese interns tot meer as 600 per jaar. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie gesels met Kosmos 94.1 Nuus …

Hy sê mediese gegradueerdes wat in die buiteland opgelei is, sal eers plaaslik opleiding moet kry voor hulle vir die internskap-program kwalifiseer.