MPLA amptelik as wenner in Angola verklaar

Angola se verkiesingskommissie het die regerende MPLA-party amptelik as die wenner van verlede week se nasionale verkiesing verklaar. President Joao Lourenco ontvang dus ook ‘n tweede termyn. Die kommissie het die oud-Marxistiese-party ’n meerderheid van 51,17 persent gegee nadat alle stemme getel is. Sy jarelange opponent, Unita, het 43,95 persent van die stemme ontvang, sy beste uitslag ooit. Minder as die helfte van Angola se geregistreerde kiesers het gestem. Unita se leier Adalberto Costa Junior het die uitslae verwerp.