Tweede graanskip vir humanitêre hulp verlaat Swartsee

Die tweede besending humanitêre voedselhulp sedert Rusland se inval het vandag die Oekraïne na Jemen verlaat. Die Wêreldvoedselprogram sê die MV Karteria het van die Swartsee-hawe Yuzhny vertrek. Oekraïne se graanuitvoere het sedert die begin van die oorlog in Februarie skerp gedaal wat wêreldwye voedselpryse laat styg het en hongersnood in sommige van die armste dele van die wêreld tot vervolg gehad het. ’n Ooreenkoms wat in Julie deur Turkye en die Verenigde Nasies bemiddel is, het gelei tot amper ‘n miljoen ton grane wat reeds deur die Swart See-inisiatief uitgevoer is.