Tekort aan toilette het groot omgewingsimpak

Wêreld Omgewingsdag word vandag plaaslik en internasionaal herdenk. Namibië word erken as een van die lande met die meeste bewaringsgebiede en bewaring van die omgewing is ook vervat in die Grondwet. Maar, daar is groot uitdagings, veral in verband met besoedeling as gevolg van tekorte aan voldoende sanitasie. Uitdagings met die voorsiening van toilette vir Namibië se 600 000 inwoners van informele nedersettings is groot. ‘n Derde van die getal woon in Windhoek en dra by tot die reeds besoedelde Swakoppoortdam, soos die stigter van die Namibiese Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown verduidelik.