Alexis verower Mej. Tiener

Alexis Swart is Namibië se nuwe Mej. Tiener. Sy is gisteraand by die Buiteklub-oord in die hoofstad gekroon. Swart woon in Orlando, Florida en is ‘n vryskut grimeerkunstenaar. Sy is ook tydens die kompetisie aangewys as die wenner van die publiek se keuse van die kroon. Kaylee Jacobs is aangewys as eerste prinses en Constance Chinyama as tweede prinses. Swart neem oor by Schwane Blignaut wat in 2019 en 2020 die titel behou het as gevolg van die Covid-pandemie. Die geleentheid is aanlyn aangebied in lyn met Covid-maatreëls.