Tekort aan personeel by SAPD se nood-oproepsentrums

Die Onafhanklike Polisievakbond van Suid-Afrika vra die personeeltekorte by nood-oproepsentrums moet dringend aangespreek word. Die vakbond is besorg oor die tekort aan voldoende personeel en klagtes oor hulle salarisse. Volgens Ipusa word werkers minder betaal as dié by ander oproepsentrums wat ingevolge die Staatsdienswet aangestel is. Die president van die vakbond, Bethuel Nkuna, versoek die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola om met ʼn behoorlike omkeerplan vir sy lede vorendag te kom.