Voorkom so verdrinking van kinders

Verskeie verdrinkings is die feesseisoen by die see, damme, riviere en swembaddens in Namibië aangemeld, maar twee kinders het in emmers water verdrink. Die een geval het by Outjo plaasgevind en die mees onlangse in die Epalala-nedersetting naby Eenhana in die Ohangwena-streek. In albei gevalle het die ouers of voogde die kinders in die sorg van minderjariges gelos. Kosmos 94.1 Nuus het met Percy Openshaw van Crisis Emergency and Response Services gepraat, wat raad met ouers deel oor hoe om kinders veilig by water te hou.