Tekort aan perdesiekte-entstof, toerusting is stukkend

Die vervaardiger van ‘n entstof wat teen die oordraagbaarheid van Afrika-perdesiekte help, sê hy is bewus van toenemende kommer oor die huidige tekort en onbeskikbaarheid van die middel. ‘n Woordvoerder van Onderstepoort Biologiese Produkte, Zipho Linda, verduidelik dat gebreekte toerusting produksie van die entstof en ander produkte onderbreek het. Gebeurlikheidsplanne is beraam en die maatskappy hoop om die inenting weer volgende maand beskikbaar te hê.