Dief moker vrou met baksteen in die gesig om te steel

Die Kavango Oos polisie sê ‘n 48-jarige vrou van Rundu is in ‘n ernstige toestand in die dorp se staatshospitaal nadat sy van haar selfoon en 3 800 dollar beroof is. Volgens die mag se streekswoordvoerder, inspekteur Melanie Mburu, sê die boef het haar twee keer in haar gesig met ‘n baksteen geslaan terwyl hy haar beroof het. Die man is nog soek en die ondersoek duur voort.