Tekort aan linne kniehalter chirurgie by nege Gautengse staatshospitale

Die DA in Gauteng sê chirurgie by nege openbare hospitale is vanjaar ontwrig weens ‘n tekort aan linne. Die LUR vir Gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het skriftelik geantwoord op die DA se vrae in die wetgewer. Die Verre Oos-Randse-, Leratong-, Mamelodi-, Sebokeng-, Jubilee, Chris Hani Baragwanath-, Charlotte Maxeke Johannesburg-, George Mukhari- en Helen Joseph-hospitaal is geraak. Die DA-lid Jack Bloom sê Mamelodi in Tshwane is die ergste geraak aangesien sowat 200 operasies afgestel moes word as gevolg van ‘n linne-tekort van twee weke.