DA: Arm mense ly onder onderbesteding van begroting van maatskaplike ontwikkeling

Die DA in Gauteng sê arm en kwesbare mense wat van nieregerings-organisasies afhanklik is vir oorlewing, ly en loop gevaar om van honger om te kom. Dit volg nadat die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling 438,1 miljoen-rand van sy jaarlikse begroting nie bestee het nie. Die inligting is bekend gemaak in die departement se jaarverslag vir die 2020-21-boekjaar. Die DA-woordvoerder, Refiloe Nt’sekhe, sê dit beteken baie weerlose mense in die provinsie kan nêrens kos en skuiling vind nie.