Vermeende pedofiel gaan appelleer teen borgaansoek

Die voormalige polisieman en vermeende pedofiel, Johann Maree, wat na bewering tientalle minderjarige seuns vir jare lank vir die vervaardiging van kinderpornografie verkrag en misbruik het, se regsverteenwoordiger, Eva Nangolo, het bevestig hy gaan teen die weiering van sy borgtogaansoek appelleer.  Skokkende en onthullende getuienis is tydens sy borgaansoek gelewer en verskeie ondersoekbeamptes, sowel as vermeende slagoffers het verskyn. Maree se borgtogaansoek is op 22 Oktober in die Windhoekse landdroshof van die hand gewys. Hy bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 17 Januarie 2022.