Tekort aan gips by Vrystaatse hospitaal

Die DA in Gauteng sê die provinsiale LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het erken die vyf maande tekort aan gips by die Thelle Mogoerane-hospitaal in Vosloorus is veroorsaak omdat ‘n verskaffer nie betaal is nie. Die DA-lid, Jack Bloom, sê volgens Mokgethi was daar ‘n vertraging in die vrystelling van die betaling, omdat die finansiële stelsel vir opdatering gesluit was.