Diensvoorwaardes vir Heineken, Distell en NBL-transaksie bekend

Meer inligting is bekend oor die diensvoorwaardes na die Namibiese Mededingingskommissie voorwaardelik die Heineken, Distell  en NBL-transaksie goedgekeur het. Alhoewel die transaksie nog in verskeie ander jurisdiksies goedgekeur moet word, is die kommissie se goedkeuring ‘n belangrike mylpaal in die regulering en goedkeuring van die proses. Die Kommissie het ‘n moratorium op afleggings ingestel. Dina //Gowases, die kommissie se korporatiewe kommunikasiebeampte sê aan Kosmos 94.1 Nuus die voorwaarde bepaal dat daar, na implementering, geen afleggings van werknemers onder bestuursvlak in Namibië sal wees vir ‘n tydperk van vyf jaar nie.