SA sanger Dennis East (73) sterf

Die bekende Suid-Afrikaanse sanger en musiekregisseur, Dennis East, is vanoggend in die ouderdom van 73 dood nadat hy die naweek ‘n beroerte gehad het. East, wat bekend was vir liedjies soos Million Drums en Dammit I love, word oorleef deur sy vrou Yvette en seun Gregg. Hy het sy musiekloopbaan in die sestigs afgeskop. Benewens sy werk as liedjieskrywer, het East ook albums vir talle Suid-Afrikaanse kunstenaars vervaardig, asook vir Britse saxofoonspeler Andrew Young.