Tegnologie en landbou in Afrika in die soeklig

Die landbousektor in Rwanda vra die regering om tegnologie te gebruik om produktiwiteit te verhoog om verliese na oeste en onbevredigende produksie op plase aan te spreek. Daar is kommer dat die beskikbare grond vir landbou dalk nie volhoubaar gebruik kan word vir die groeiende bevolking nie. ʼn Ontleder van die ministerie van Landbou en Dierehulpbronne, Egide Mutabazi, het tydens ‘n bespreking oor die vermindering van risiko’s deur digitalisering van landbouwaardekettings gesê daar is ‘n behoefte om die beskikbare grondhulpbronne te optimaliseer om produktiwiteit te verhoog, vir voedselsekerheid vir die groeiende bevolking.