Regskenner sê oor wysigings op verkragtingswet

Die wysiging van die Wet op die Bestryding van Immorele Praktyke van 1980 is deur die Namibiese parlement goedgekeur, maar nog nie geïmplementeer nie. Artikel 14 oor seksuele misdrywe met ‘n kind is gewysig. Die minimum ouderdom om in die huwelik te tree, is nou 18 jaar en nie meer 16 jaar nie. Yolande Engelbrecht wat verbonde is aan Regshulpsentrum, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat die wysiging van die wet beteken.

Engelbrecht deel die minimum ouderdom vir burgerlike huwelike.