Teenstropery-eenhede in parke kry toerusting

Die Namibiese omgewingsministerie sal tydens November en Desember 500 tente, 50 flitse, yskaste oorhandig aan die teenstropery-eenhede in die Bwabwata en Etosha Nasionale Parke, asook die Palmwag-gebied in die Kunene-streek. Heiningmateriaal sal ook aan hulle oorhandig word om die eenhede se kampe teen roofdiere te beskerm.