Skerp daling in SA spoorvervoer

Die gesamentlike spoorvervoer-verkeer in Suid-Afrika het sedert 2019/2020 met 38 persent gedaal en sedert 2010/2011 met 53 persent. Die adjunkminister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, het die spoorveiligheidsreguleerder se 2020/21-verslag oor veiligheid bekend gemaak. In die 2020/21-verslagtydperk het operateurs 31 persent meer veiligheidverwante voorvalle aangemeld. Die verslag bevat ‘n uiteensetting van bedryfsvoorvalle en sekuriteitsverwante voorvalle in die spoorweg-omgewing vir die tydperk van April verlede jaar tot einde Maart vanjaar. Sy sê daar is geen rede om fees te vier nie.