Mededingingskommissie kry klagtes oor verskaffers van skooluniforms

Die Namibiese Mededingingskommissie het klagtes van ouers van privaat en staatskole en sommige verskaffers van skooluniforms ontvang. Volgens die klagtes is daar verskaffers van skooluniforms wat met sekere skole eksklusiewe verskaffingsooreenkomste het. Die kommissie sê hiermee kan potensiële of nuwe verskaffers van skooluniforms nie die mark betree nie.