Ramaphosa het Brian Molefe aangestel

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê hy het Brian Molefe voorgestel as uitvoerende hoof van Eskom en nie oudpresident Jacob Zuma nie. Hy het aan die staatskapingskommissie vertel verskeie staatsbeheerde instellings soos Eskom en die Suid-Afrikaanse Lugdiens was diep in die moeilikheid en het dringend ingryping nodig gehad. Ramaphosa sê Zuma het hom in Desember 2014 opdrag gegee om toesig te hou oor pogings om verskeie instellings om te keer. Ramaphosa was destyds Zuma se adjunk. Ramaphosa sê daar was geen kennis of vermoedens oor ‘n verband tussen Molefe en die Guptas nie.