Ekonoom sê nasionale kragonderbreking in SA is moontlik

Eskom in Suid-Afrika het die week gesê daar is amper geen kan vir ‘n nasionale kragonderbreking nie veral omdat die kragvoorsiener beurtkrag toepas, maar, kenners stem nie saam nie. Die Suid-Afrikaanse ekonoom en kenner in die gebied van energie, Chris Yelland sê die kanse is uiters goed dat die hele buurland sonder krag kan wees – wat Namibië uiters kwesbaar maak omdat ons ook krag by Eskom aankop. Yelland verduidelik sy standpunt aan Kosmos 94.1 Nuus.

Hy voeg by dat dit hoogtyd is dat lande soos Namibië begin om hulle eie krag op te wek om druk op Eskom te verlig.