TB-plan vir Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse Premier Alan Winde sal môre ‘n multi-sektorale nood-reaksieplan by die Karl Bremer-hospitaal in Kaapstad bekend stel wat daarop gemik is om die verspreiding van tuberkulose in die provinsie te bekamp. Sy kantoor sê dit volg na sy onderneming op Wêreld TB-dag om binne ‘n maand oor die plan verslag te doen. Winde sê die Wes-Kaap erken die reuse-uitwerking wat TB op lewens en werksgeleenthede het. Hy sê dit het gelei tot die ontwikkeling van die plan wat van die lesse toepas wat tydens die korona-virus pandemie geleer is.