Reaksie op ‘Slut Night’

Die Nasionale Jeugraad se Jeugweek sluit ‘n sogenaamde ‘Slut Night’ geleentheid in wat Vrydagaand aangebied word. Die geleentheid het wydlopende reaksie uitgelok as gevolg van die naam, en verskeie menings is in die verband uitgespreek. Die raad plaas die fokus op geslagsgeweld die week en volgens die bekende Aktivis Linda Baumann, moet die aktiwiteite die week klem lê op die werklike kwessies en debat uitlok.