Registrasies vir Opuwo verkiesing skop af

Die Namibiese Verkiesingskommissie sê kiesers in die Opuwo landelike kiesafdeling kan registreer van vandag af tot Woensdag in aanloop tot die tussenverkiesing wat op 2 Julie vanjaar gehou sal word. ‘n Raadslid, Uauriua Kakuva is op 4 April oorlede en dus moet ‘n tussenverkiesing binne 90 dae gehou word. Daar is 110 registrasie amptenare aangestel vir die proses en kiesers word reeds ingelig oor die belangrikheid van die stemproses. Die kommissie sê die voorlopige kiesersrol sal op 3 Mei beskikbaar gestel word aan die publiek.